29 Palestyne in Gasa gedood volgens hospitaalbronne

Lees ook :

Hospitaalamptenare wat die liggame van gesneuwelde Palestyne ontvang het, het gesê hernieude aanvalle deur die Israeliese weermag het gister in die noorde en suide van Gasa voorgekom. ‘n Woonstelblok en ‘n polisiekantoor in Gasastad en ‘n tent in Khan Younis, is getref.

Die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid sê ten minste nog 30 persone is kritiek beseer in die aanvalle.

Volgens Euronews is ten minste 29 liggame, waaronder talle kinders,  Saterdag ontvang. Dit is van die meeste sterfgevalle sedert die skietstilstand tussen Israel en Hamas in Oktober ingestel is.

Die Israel-weermag sê die aanvalle is in weerwraak vir oortredings van die skietstilstand toe hulle Vrydag vier militante gedood het wat uit ‘n tonnel in ‘n Israeli-beheerde deel van Rafah gekom het.

Die aanvalle kom ‘n dag voordat die Rafah-grens op 1 Februarie (vandag) oopgestel sou word en terwyl die tweede fase van die skietstilstandooreenkoms stadig naderkruip.

Bronne: Euronews, The Times of Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief