Brekende Nuus
Afrikaans

3 Franse tieners dood nadat voertuig onderstebo in swembad beland

3 Franse tieners dood nadat voertuig onderstebo in swembad beland

fotokrediet: X
3 Franse tieners dood nadat voertuig onderstebo in swembad beland fotokrediet: X

FRANKRYK. – Drie tieners, 14, 15 en 19 jaar oud, is gister dood nadat die voertuig waarin hulle gery het van die pad in die suide van Frankryk gegly het, deur ‘n muur gebars en onderstebo in ‘n privaat swembad beland het.

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak gevonnis

Die voertuig was omtrent so groot soos die swembad. Die tieners kon nie die deure oopkry nie en het verdrink. Laggas is in die voertuig gekry en polisie ondersoek of die tieners dit voor die ongeluk gebruik het.

Die huiseienaar het die voertuig in sy swembad gekry toe hy by die huis kom. Dit is onbekend wie bestuur het tydens die ongeluk, maar onbevestigde verslae het gesê die jongste tiener het bestuur.

Bronne: BBC, The Straits Times, DAWN

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak gevonnis