3 kry borg in Braam Kruger-moordsaak

Lees ook :

Foto's: Braam Kruger en SAPD

GAUTENG. – Drie mans wat van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla word, is deur die Pretoriase landdroshof borgtog van R3 000 elk toegestaan. Dit hou verband met die Braam Kruger moordsaak.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê Mpendulo Nyembe (27), Spheshile Mbambo (22) en Siphosihle Xulu (22) is op borgtog vrygelaat, terwyl hul medebeskuldigde, Ntando Zondi (26), se borgtogaansoek eers by die volgende verskyning sal voortgaan.

Abraham Pretorius Kruger (40) het na bewering vir Zondi op 3 April deur ’n afspraakwebwerf ontmoet en vir later die dag ’n ontmoeting by ’n gastehuis in Brooklyn gereël. Volgens die staat het die verdagtes om 17:00 by die gastehuis ingeboek, waarna die slagoffer later by hulle aangesluit het en na die kamer geneem is. Hy is daar vermoor, waarna die verdagtes gevlug het.

Kruger se liggaam is die volgende oggend deur ’n skoonmaker ontdek. Die vier beskuldigdes, oorspronklik van KZN, is op 12 April in Protea Glen by ‘n huurhuis in hegtenis geneem.

Die staat het borgtog teengestaan en aangevoer dat die verdagtes ’n vlugrisiko kan wees, maar die hof het bevind dit is in die belang van geregtigheid om borgtog toe te staan, aangesien hulle geen vorige veroordelings het nie. Hulle moet elke Maandag, Woensdag en Vrydag by die Pinetown-polisiekantoor aanmeld.

Die saak is tot 27 Mei vir die voortsetting van Zondi se borgtogaansoek uitgestel .

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief