GAUTENG. – ‘n Meisie (6) is op 21 Oktober eers verkrag voordat sy vermoor is. Die polisie is op soek na Pethe Sara Simiao op die foto om hulle met die ondersoek te help.
Kol. Mavela Masondo sê volgens rapportering het die meisie met ander kinders gespeel toe die verdagte haar na sy gehuurde shack in Orlando, Soweto, geroep het, waar die verdagte haar na bewering verkrag en vermoor het.
“Die saak is by die polisie aangemeld, wat dadelik gereageer en begin soek het na die verdagte wat op vlug is.”
Enigiemand wat inligting het oor waar Simiao hom bevind, kan kol. Lazarus Mahlaela by 079 696 0854 of kapt. Chris Moses by 082 822 7070 bel.





