9 vermiste studente se oorskot, sonder hande, langs hoofweg in Mexico gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

INTERNASIONAAL. – Die liggame van nege vermiste studente van Tlaxcala is Sondag langs ‘n Mexikaanse hoofweg, in San José Miahuatlán, in die staat Puebla, aangetref.

Die oorskot van vier vroue en vyf mans is in en om ‘n verlate Volkswagen Vento gekry. Vier van die liggame was in die kattebak, terwyl vyf liggame onder ‘n bebloede seil aangetref is. ‘n Sak met agt pare hande is ook gevind, met nog twee hande in die kattebak. Volgens Fox News lyk dit asof die oorledenes skietwonde opgedoen het en daar is ook tekens dat hulle gemartel is.

Idamis Pastor Betancourt, hoof van die staatsprokureur-generaal se kantoor, kon weens die ondersoek nie die identiteit van die oorledenes bekend maak, of meer inligting gee nie. Al die oorledenes wat as vermis aangemeld is, is tussen 19 en 30 jaar oud is en was op reis na Oaxaca.

Volgens nuusagentskappe kon van die liggame weens die aanmelding van vermiste persone en Facebook-plasings uitgeken word.

Bronne: Fox News, The Seattle Times, People.com, NDTV en Colorado Springs Gazette

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief