Cleo Diko (34), wat sedert Oktober 2022 vermis was, is die vrou wie se liggaam op 27 Januarie 2023 onder ‘n vloer van ‘n huis gekry is.
Sy is laas saam met die vermeende verdagte (38) by ‘n kroeg in Mandalay, Mitchells Plein gesien.
FiND iT het op 30 Januarie berig oor ‘n onbekende vrou wie se liggaam deur Lentegeur-speurders in Heatherstraat, Mandalay, Mitchells Plein, gevind is.
Women For Change sê haar ontbinde liggaam het na bewering ‘n tou om gehad waar sy onder die man se bed, met sement en teels bo-oor gevind is.
Volgens WFC het die vermeende verdagte se ma, wat haar seun glo nie sedert Oktober 2022 gesien het nie, die polisie ingelig oor bloedbevlekte komberse en kussings waarop sy afgekom het toe sy huis skoongemaak het.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê vloergedeeltes binne-in die huis was los. Hulle het ondersoek ingestel en op die ontbinde liggaam van ‘n onbekende vrou afgekom.
Die verdagte is by ‘n blyplek naby spoorweglyne in hegtenis geneem. Hy het op 31 Januarie 2023 in die Mitchells Plein-landdroshof verskyn waarna die saak tot 23 Maart 2023 uitgestel is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





