Riana Pretorius verbreek haar stilte

Lees ook :

Foto: Riana Pretorius Fb-blad

Riana Pretorius wat op 16 Maart buite haar werksplek in Newton Park, Gqeberha, ontvoer is, het haar dank uitgespreek teenoor almal wat vir haar gebid het.

Sy is op 24 Maart veilig met haar familie herenig.

Die polisie se ondersoek duur voort nadat drie mans haar oorval en in ‘n wit Toyota Coralla gedwing en met haar weggery het.

Xolilile Rawutini (39) is binne die voertuig gevind en onmiddellik in hegtenis geneem, maar nog twee verdagtes het uit die voertuig gespring en weggekom.

Rawutini het reeds op 20 en 24 Maart in Gqeberha New Law-landdroshof verskyn. Die saak is tot 5 April vir ‘n formele borgaansoek uitgestel.

Riana het die volgende op haar Facebook-blad geplaas:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief