Lees ook: Drie gevangenes ontsnap deur dak van polisiestasie in Limpopo
SASELAMANI. – Dumisani Respect Chauke wat op 2 November saam met twee ander gevangenes uit die tronk ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Dumisani Chauke is aangekla op twee aanklagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy, Mikateko Ronald Chauke en Jimmy Matirhele het op 2 November deur die dak van die Saselamani-tronk ontsnap.
Hy is weer in Madonsi village in hegtenis geneem.
Die soektog vir Mikateko Chauke en Jimmy Matirhele gaan voort. Enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Drie gevangenes ontsnap deur dak van polisiestasie in Limpopo





