Kinderverkragter moet 25 jaar sit

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Abel Sello Lefoane (36) is op vyf verkragtingsklagtes, twee sakerowe en gewone roof tot 25 jaar effektiewe tronkstraf deur die Polokwane-hooggeregshof gevonnis.

Kol. Malesela Ledwaba sê die misdade op slagoffers tussen die ouderdom van 13 en 29 jaar oud, is afsonderlik tussen 2007 en 2016 op Vaalwater en Lephalale in die Waterberg-distrik gepleeg.

Slagoffers is geteiken wanneer hulle alleen huis toe gestap het en met ‘n mes of ‘n vuurwapen gedreig. Die jongste meisie wat verkrag is, was slegs 13 jaar oud.

AO Ciska Kruger van Modimolle-GKS het Lefoane in Augustus 2022 deur middel van sy DNA vasgetrek en borg suksesvol teengestaan.

Vonnisse op al agt die klagtes wat afsonderlik gevonnis is, sal gelyktydig uitgedien word. Dit bring mee dat Lefoane 25 jaar in die tronk sal deurbring.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief