Polisie-optrede ondersoek ná man se dood

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Trending ZA

WES-KAAP. – Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die dood van ‘n man tydens polisieoptrede by ‘n woonstelkompleks in Parklands, Bellville.

Die oorledene is volgens Trending ZA deur die Nigeriese gemeenskap as Chika Ibe geïdentifiseer.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê die voorval het na bewering verlede Donderdag plaasgevind toe lede van die Faure- openbare orde polisiëringseenheid ‘n woonstel by die Parksig Villas-kompleks saam met misdaadintelligensie deursoek het. Inligting is ontvang dat iemand dwelms in besit het. Volgens die inligting is daar vermoedelik dwelms tydens die deursoeking gevind.

Daar word beweer dat die man kort daarna op ‘n rusbank inmekaargesak en bewusteloos geraak het. Nooddienste is na die toneel ontbied, waar hy dood verklaar is. Opod se ondersoekbeamptes is daarna in kennis gestel en het die toneel besoek. ‘n Lykskouing is Vrydag uitgevoer. Voorlopige bevindings toon dat die oorledene veelvuldige kneusplekke en skaafwonde aan sy rug en bors opgedoen het.

Opod sê sy ondersoek sal fokus op die omstandighede waaronder die man tydens polisieoptrede gesterf het en het gevra dat die ondersoek die geleentheid gegun word om sy loop te neem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief