Altesaam 58 atlete van Comrades verbied oor beweerde kullery

Lees ook :

58 atlete verban van deelneem aan Comrades na beweerde kullery
58 atlete verban van deelneem aan Comrades na beweerde kullery fotokrediet: Canva

Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie

Altesaam 58 atlete is van deelname aan vanjaar se Comrades-wedren verban na beweerde kullery.

Die Comrades-vereniging (CMA) het gister in ‘n verklaring gesê 58 atlete is weens kullery in die 2023-wedren verbied om weer vanjaar deel te neem.

Altesaam 16 atlete se inskrywings is verwerp na dit aan die lig gekom het hulle het ‘n ander atleet gevra om hulle 2023- kwalifiserende marathon vir hulle te hardloop. Drie atlete het die kwalifiserende marathon onder iemand anders se naam gehardloop, terwyl 27 atlete or hulle kwalifiserende tye gelieg het.

Een atleet het met iemand anders se nommer gehardloop en vyf het ander atlete met hulle nommers laat hardloop. Twee atlete se aansoeke is verwerp na hulle aflos gehardloop het in 2023 se marathon. Vier is afgekeur omdat hulle kortpaaie geneem het tydens verlede jaar se marathon.

Vanjaar sal die marathon op 9 Junie by die Durban-stadskouburg begin en by die HollywoodBets Scottsville-resiesbaan in Pietermaritzburg eindig.

Bronne: IOL, SABC, Runners World

Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief