Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel
DURBAN. – Vyf van die sewe verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane verskyn vandag in die hof vir hulle borgaansoeke.
Die verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, geldwassery en die onwettige besit van wapen en ammunisie.
Twee van die ander verdagtes is steeds in Eswatini. Suid-Afrika het nog nie die uitleweringsaansoek ingedien nie.
Bronne: ECR, Jacaranda FM, SABC
Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel





