Botswana dreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur

Lees ook :

Botswana dreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur
Botswana dreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur fotokrediet: Canva

Lees ook: AKA-verdagte wil klag van meineed teen speurder lê

BOTSWANA. – Die president van Botswana het gedreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur ná ‘n politieke dispuut.

Duitsland se omgewingsministerie het vroeër die jaar voorgestel daar moet strenger reëls wees oor die invoer van jagtrofees. Botswana het gesê dit sal die land armer maak.

Die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, het gesê die olifante se getalle het geweldig toegeneem weens bewaringspogings en om hulle te jag, hou die olifantbevolking onder beheer.

Hy het gesê Duitsers moet “lewe met die diere op die manier wat julle wil hê ons moet”. Masisi het ook gesê die olifante veroorsaak skade.

Hy het gesê hulle gaan olifante na Duitsland stuur en hy gaan nie nee vir ‘n antwoord aanvaar nie.

Bronne: BBC, Sky News, The Namibian

Lees ook: AKA-verdagte wil klag van meineed teen speurder lê

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief