OUDTSHOORN, WES-KAAP. – Die R328 tussen Oudtshoorn en Prins Albert in die Swartbergpas is vanoggend gesluit nadat ’n vragmotor na bewering onklaar geraak het.
Volgens Oudtshoorn se munisipaliteit is ’n swaardiens-insleepvoertuig van Kaapstad gekry om die vragmotor te verwyder.
Volgens inwoners van Oudtshoorn bevat die vragmotor glo oor die 36 ton kaas ter waarde van R5 m.
Die pad is reeds weer vir verkeer oopgestel.
Bronne: Traffic SA, Oudtshoorn Courant, Oudtshoorn Munisipaliteit, Facebook





