Die Afrikaanse sanger, Bobby van Jaarsveld, se musiekvideo vir sy nuutste enkelsnit, Verlore seun, het pas verskyn.
Aanhangers het die video as “pragtig, diep en eerlik” beskryf. Sommige meen die musiekvideo laat hulle “dieper dink”.
Bobby het die vrystelling van die video met roomys op die strand saam met sy gesin gaan vier.
Verlore seun is op 8 Maart uitgereik.
Bronne: YouTube, Facebook





