Ma wen R100 000 toe sy kruideniersware bestel

Lees ook :

Ma wen R100 000 toe sy kruideniers bestel. Foto's: The Citizen en Canva

POLOKWANE, LIMPOPO. – Jacoline Kruger van Flora Park het R100 000 gewen nadat sy melk, brood en sap op die Pick n Pay asap!-toepassing in die skoolvakansie bestel het.

Die Find the bunny-promosie het behels dat ’n gelukkige persoon wat ’n speelgoedhasie in hulle afleweringspakkie kry, R100 000 wen. Dit was om gebruikers aan te moedig om van die afleweringstoepassing gebruik te maak.

The Citizen berig Kruger het nie kans gesien om met haar kinders (5) en (3) in die lang winkeltoue te gaan staan nie en het besluit om haar bestelling via die toepassing te plaas.

Die gesin gaan glo die geld gebruik om van hulle skuld af te betaal. ’n Vakansie na Amanzimtoti word ook beplan, omdat die kinders nog nooit die see gesien het nie.

Bronne: The Citizen, Polokwane Observer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief