Voormalige finansiële bestuurder vir diefstal van R16 m. gevonnis

Lees ook :

Foto: Gcobani Ndzongana Facebook-blad

GAUTENG. – Lizette Marielle Steyn (56), ‘n voormalige finansiële en administratiewe bestuurder, is op 85 aanklagte van diefstal gevonnis. Die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof het Steyn tot 12 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Steyn was vanaf 12 Februarie 2019 by AgriCAD in diens. Sy het volle toegang tot die besigheid se Absa-bankrekenings gehad en oor ‘n tydperk besonderhede van een van die besigheidsrekeninge na van haar verskeie Capitec-rekeninge verander. Sodoende kon sy oor ‘n tydperk altesaam 85 betalings vir R16 m. aan haarself maak.

Steyn het sonpanele by haar huis aangebring, luukse items aangekoop, ‘n karavaan en voertuig vir haar skoonseun, ‘n troue vir haar dogter finansier en boonop vir familienaweke en -vakansies betaal.

Sy is op 18 Julie 2023 in hegtenis geneem en het skuldig gepleit op alle aanklagte. Haar verweer was dat haar man sy werk verloor het en sy skuld moes betaal. Sy het aan die hof gevra om haar gesondheid en die feit dat sy ‘n eerste oortreder is vir vonnisoplegging in ag te neem.

Adv. Rachelle van der Walt, die aanklaer in die saak, het aan die hof voorgehou alhoewel Steyn ‘n eerste oortreder is, sy die misdade oor ‘n tydperk van drie jaar gepleeg het. Sy het ook vertroue met oneerlikheid geskend. Van der Walt het ‘n langtermynvonnis vir oorweging gevra.

Landdros Ignatius du Preez het tydens vonnis gesê Steyn het geen ander opsie gehad as om skuldig te pleit nie.

“Her change of heart and acknowledgement of her criminal conduct originated from being caught and not from her true inner feelings of regret. Therefore, she had no choice but to concede defeat. Steyn committed the offence when she was at an age where it was expected of her to be able to distinguish between right from wrong, but she failed dismally. Furthermore, courts are increasingly faced with the situation where offenders with medical challenges commit serious offences, as such illness cannot be used as a license to commit crime”.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief