JOHANNESBURG, GAUTENG. – Sebastian, ’n Suid-Afrikaanse ietermagog (Smutsia temminckii) is onlangs van onwettige handel in Silver Lakes gered. Vier verdagtes is aangekeer.
Volgens Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital is hy vir drie weke in ’n toegemaakte sak aangehou waar hy in sy eie urine en ontlasting moes sit. Met sy opname by die hospitaal was hy gedihidreer en swak.
Na bloedtoetse is Sebastian op ’n spesiale dieet vir pankreatitis en wanvoeding geplaas. Sy mediese behandeling was suksesvol en hy eet al op sy eie.
Volgens die hospitaal is hy een van die mees saggeaarde ietermagogs waarmee hulle nog in aanraking was.
Hulle het die volgende foto’s van Sebastian op hulle Facebook-blad geplaas:



Bron: Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital





