Petrus Sitho en Willem Petzer het oor en weer crimen injuria-sake teen mekaar oopgemaak. Die video’s van beide kan hier bo gekyk word.
Petrus Sitho, aktivis van Stop Plaasmoorde, het Dinsdag ‘n saak teen Willem Petzer oopgemaak. Kyk die video hier bo. Sitho sê Willem Petzer het hom na bewering die “k-woord” genoem.
“DONT CALL ME K*****. JUSTICE MUST HAPPEN”
Kapt. Hazel Mqala het bevestig die saak is by die Gonubie-polisiestasie oopgemaak. Die ondersoek duur voort en geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Willem Petzer het die bewering as ‘n belaglike valse aantyging bestempel.
Petzer het op sy beurt ook ‘n lastersaak by die hooggeregshof oopgemaak en gaan ook ‘n crimen injuria-saak aanhangig maak.
“Willem Petzer gaan moontlik weer gearresteer word op valse aantygings, georkestreer deur dieselfde groep wat agter die vorige arrestasie in Groblersdal sit.”





