NWU-Vaal spog met nuwe sonkragaanleg

Lees ook :

NWU-Vaal spog met nuwe sonkragparkeerarea. Foto: NWU

VANDERBIJLPARK, GAUTENG. – Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoek-kampus het onlangs ’n nuwe sonkragaanleg op parkeerafdakke bekendgestel.

Volgens hulle sal dit help tydens beurtkrag en om die universiteit se koolstofvoetspoor te verminder.

Die sonkragaanleg bevat 696 sonpanele. Volgens prof. Linda du Plessis, adjunk- vise-kanselier vir beplanning, word sonkrag toenemend gewilder omdat dit effektief en omgewingsvriendelik is.

Mike Odendaal (elektriese en meganiese tegnikus), prof. Linda du Plessis, Collen Makhubela (projekbestuurder) Foto: NWU

Bronne: NWU, 90.6 FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief