Lees ook: Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys
Die Europese menseregtehof besluit binnekort of Caster Semenya haar testosteroonvlakke gaan moet verlaag om mededingend aan atletiek te kan deelneem.
Semenya het geweier om medikasie te neem om haar testosteroonvlakke te verlaag na Wêreldatletiek die reël in 2018 ingestel het. Sy is in 2019 na die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) in Lausanne, waar teen haar beslis is. Die federale hooggeregshof in Lausanne het die besluit ondersteun en bevind ’n testosteroonvlak soos dié van ’n man gee vrouens ’n “onoorkombare voordeel”.
Semenya het haar daarna na die Europese menseregtehof gewend wat beslis het sy was die slagoffer van diskriminasie en dat haar privaatheid oortree is.
Bronne: IOL, EWN, Algoa FM
Lees ook: Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys





