VN-werker op pad hospitaal toe in Gaza gedood

Lees ook :

VN-werker dood in Gaza
VN-werker dood in Gaza fotokrediet: Canva

Lees ook: Suid-Afrika weer na internasionale geregshof oor Israel

GAZA. – Die VN het aangekondig een van hulle werkers is dood en nog een beseer terwyl hulle op pad was na ‘n hospitaal in Gaza.

Dit is onbekend wie die werkers aangeval het. Volgens die VN was die werkers in ‘n VN-voertuig op pad na ‘n Europese hospitaal toe dit aangeval is.

Israel se weermag het gesê die voertuig is in ‘n aktiewe oorlogsone aangeval. Hulle beweer ook hulle was nie bewus van die werkers se roete nie. Die weermag is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: BBC, CNN, UN News

Lees ook: Gaza-dodetal styg tot 34 568

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief