Motorfiets in ‘shack’ teruggevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Motorfiets wat Vrydag omstreeks 04:00 by ‘n huis in Emalahleni (Witbank) gesteel is, is in ‘n sinkhuis (shack) in die Coronation- informele nedersetting teruggevind.

Kol. Donald Mdhluli sê blitspatrollie en Tracker Connect het saamgewerk en die gesteelde motorfiets omstreeks 06:30 dieselfde oggend teruggevind. Inligting het na die informele nedersetting in Witbank gelei. Tydens ‘n soektog in die area is die motorfiets toegesluit in die sinkhuis gevind.

Geen inhegtenisneming is gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief