VSA dreig met sanksies teen IS oor lasbriewe vir inhegtenisneming

Lees ook :

VSA dreig met sanksies teen Internasionale Strafhof oor lasbriewe vir inhegtenisneming
VSA dreig met sanksies teen Internasionale Strafhof oor lasbriewe vir inhegtenisneming fotokrediet: Canva

Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom

VSA. – Die VSA het gedreig om sanksies teen die Internasionale Strafhof in te stel oor die lasbriewe om Israeliese owerhede in hegtenis te neem.

Antony Blinken, die staatssekretaris, het gesê hulle is bereid om met wetmakers saam te werk aan sanksies teen die Internasionale Strafhof.

Dit volg na die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof aangekondig het hy het aansoek gedoen vir lasbriewe om Israeliese en Hamas-leiers vir beweerde oorlogsmisdrywe in hegtenis te neem.

Aanklaer Karim Khan wil Benjamin Netanyahu en verdedigingsminister Yoav Gallant in hegtenis laat neem, asook Yahya Sinwar, Mohammed Deif en Ismail Haniyeh van Hamas.

Bronne: BBC, Daily Post Nigeria, Financial Times

Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief