Voormalige speaker – saak vir hooggeregshofdatum uitgestel

Lees ook :

Foto: Parlement

GAUTENG. – Die saak teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die parlement, is tot 9 Julie uitgestel. Sy word van korrupsie aangekla.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG, sê die saak is vir ‘n hooggeregshofdatum en voorsiening van ‘n klagstaat uitgestel.

Mapisa-Nqakula het toegang tot die volledige dossier gehad en ‘n lys van staatsgetuies is op 8 April aan haar voorsien, sodat sy aan haar borgvoorwaardes moet voldoen.

Die speaker mag volgens haar borgvoorwaardes geen direkte of indirekte kontak met ‘n staatsgetuie hê nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief