Oom maak glo meisie swanger, saak vir borg uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die oom (52) wat van verkragting van ‘n swanger meisie (13) beskuldig word, se borgaansoek sal op 18 Junie in die Odendaalsrus-landdroshof aangehoor word.

Kapt. Stephen Thakeng sê die meisie het by die kliniek positief vir swangerskap getoets. Sy het haar oom as die verdagte uitgewys. ‘n Saak van verkragting is oopgemaak en die oom is in hegtenis geneem.

Die verdagte het Maandag in die hof verskyn, waarna die saak tot volgende week uitgestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief