NOORDWES. – Tshikani Golden Rikhotso (46) en Mikhalani Patrick Chauke, twee staatsaanklaers, is Donderdag vir bewerings van regsverydeling in hegtenis geneem.
Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê na ‘n ondersoek is J50-lasbriewe vir inhegtenisneming van drie beskuldigdes uitgereik. Twee het hulle eerste verskyning in die Rustenburg-landdroshof gemaak en is op R1 000 borg elk vrygelaat.
Een van die borgvoorwaardes is dat die aanklaers een keer ‘n week tussen 09:00 en 17:00 by hulle plaaslike polisiestasie moet rapporteer. Die saak is tot 26 September uitgestel.
Die derde verdagte sal na verwagting binnekort in arres wees.





