Lees ook: TikTokker sterf by Disneyland-halfmarathon
GAZA. – Ses noodwerkers van die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge (UNRWA) is dood ná ’n Israeliese lugaanval op een van hul skole, wat gebruik word om vlugtelinge te huisves. Die lugaanval het altesaam 18 mense se lewens geëis.
Ongeveer 12 000 vlugtelinge, meestal vroue en kinders, woon in die skool, wat volgens UNRWA al minstens vyf keer deur Israel aangeval is.
Israel het gesê hulle het op “terroriste” gemik wat na bewering aanvalle vanuit die skool beplan het. Die Israeliese weermag het UNRWA voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Palestynse militante groep Hamas ondersteun.
In ’n ander aanval op Khan Younis is 11 mense dood, insluitend ses broers en susters, tussen die ouderdom van 21 maande en 21 jaar.
Bronne: The Independent, ABC News, BBC





