Tiener (18) in hegtenis na bejaarde vrou (91) verwurg is

Lees ook :

Tiener (18) verwurg glo bejaarde vrou (91)
Tiener (18) verwurg glo bejaarde vrou (91) fotokrediet: Canva

Lees ook: Valke vra hulp om man op te spoor wat kan help met ondersoek

BITYI. – ’n Tiener (18) is in hegtenis geneem na hy glo ’n bejaarde vrou (91) verwurg het en probeer het om haar dogter dood te maak.

Volgens kapt. Welile Matyolo van die SAPD het die verdagte glo Vrydag die bejaarde vrou in haar huis aangeval terwyl sy geslaap het. Daarna is hy na bewering na haar dogter se kamer waar hy haar ook aangeval het. Sy het teruggeveg, waarop hy gevlug het. Sy het die bure geroep vir hulp en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.

Die bejaarde vrou is op die toneel dood verklaar. Die verdagte sal môre in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Bronne: SAPD

Lees ook: Valke vra hulp om man op te spoor wat kan help met ondersoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief