Voortvlugtige sterf op N2

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vermeende dief wat van veiligheidswagte gevlug het, is dood toe hy op die N2-hoofweg in die omgewing van Blackburn deur ‘n bakkie getref is.

Reaction Unit South Africa sê twee mans het na bewering probeer om van ‘n konstruksieperseel te steel. Veiligheidswagte het hulle aangekeer, maar hulle het losgekom en oor die hoofweg gevlug. ‘n Wit Kia-bakkie het een van die mans getref. Hy het op die toneel gesterf.

Sy makker het daarin geslaag om te ontkom. Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief