Lees ook: Voormalige Steinhoff-hoof van finansies van Steinhoff weer in hof
PRETORIA. – Ben la Grange (50), die voormalige hoof- finansiële bestuurder van Steinhoff, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf voorwaardelik opgeskort is.
La Grange sal net vyf jaar tronkstraf uitdien indien hy nie in die opgeskorte vyf jaar aan bedrog skuldig bevind word nie en as hy in toekomstige Steinhoff-hofsake sal getuig.
Dit volg na La Grange ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het vir een aanklag van bedrog oor R367 m., die manipulasie van finansiële state en versuim om bedrog aan te meld.
Bronne: NPA
Lees ook: Voormalige Steinhoff-hoof van finansies van Steinhoff weer in hof





