Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte het glo beplan om kind te steel en te verkoop
DUITSLAND. – Die verdagte in die verdwyning van Maddie McCann kan tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word in ‘n onverwante saak.
Christian Brückner (47) word aangekla van drie verkragings en twee aanklagte van seksuele mishandeling russen 2000 en 2017.
Die hoofaanklaer in die saak, Ute Lindemann, het gesê Brückner is ‘n “gevaarlike psigopatiese sadis” en moet 15 jaar tronkstraf kry. Sy het gesê hy sal waarskynlik weer so iets doen as hy vrygelaat word.
Brückner se prokureurs het gesê die saak teen hom het ‘n “wankelrige fondasie” en het gewonder of hy ‘n regverdige verhoor kry na hy in 2020 as ‘n verdagte in Maddie se saak genoem is.
Bronne: BBC, The Independent, Global Herald
Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte het glo beplan om kind te steel en te verkoop





