Paar beroof en uit bewegende taxi gegooi

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Paar is Saterdagmiddag beroof voordat hulle op die R102 tussen Ottawa en Verulam in ‘n noordelike rigting uit ‘n bewegende taxi gegooi is.

Prem Balram van Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep is van ‘n verbyganger ontvang wat hulp vir die paar gevra het. Reaksiebeamptes is omstreeks 20:30 na die toneel.

Volgens die slagoffers het hulle in ‘n wit Toyota Quantum-taxi (registrasie onbekend) buite Moses Mabhida-stadion in Durban geklim. In die minibus is hulle deur drie mans van kontant en waardevolle besittings beroof, waarna hulle uit die bewegende voertuig geslinger is.”

‘n Veiligheidswag het die paar wat beseer is na ‘n mediese fasiliteit geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief