WES-KAAP. – Innes en Franna Benadé het Donderdag in die NG Moedergemeente op George tydens die Lentekonsert ten bate van die Tuiniqua-versorgingsentrum opgetree. Anneli van Rooyen het ‘n lied saam met hulle gesing.
Die sangers is deur Greta Benadé begelei. Anneli het aan die einde van die konsert saam met die broers Neem ons bede aan, gesing. Franna Benadé is tans op toer en die optrede-datums kan op sy sosiale media gesien word.
“In die jaar 2024 na Christus, gebeur hierdie hemelse ervaring!! Ek, Innes en Anneli sing weer saam, wat ‘n voorreg! Gou het ek weereens besef dat hierdie lewe gaan om baie meer as jaag….VIR WAT? Koester jou familie, maak tyd vir jou vriende (al is jy skaamkwaad), gaan maak reg en kuier weer soos van ouds, want Hy wat in jou is, is groter as hy in die wêreld, en Hy is die hele pakket in jou!!!
SHARE HIERDIE AS JY WIL.
NS. Goeie nuus: ons show is volgende jaar in Pta. Hou dop!”
Die broers se ma, Sue, woon ook soos Innes en Gretha op George en word van gedeelde saamsingvideo’s van die broers wat op sosiale media deur vele in kommentaar onthou, toe sy by Hoërskool Nylstroom skoolgegee het.





