GAUTENG. – Adv. Avinash Ramapararat (45), sers. Herman Mnguni (46) en konst. Abdul Shaik (35) het op twee aanklagte van afpersing en twee aanklagte van korrupsie in die Pretoria-landdroshof verskyn. Al drie is op borg van R5 000 elk vrygelaat, op die voorwaarde dat hulle nie met die ondersoek of staatsgetuies sal inmeng nie.
Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Ramapararat is as aanklaer by die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële eenheid (SCCU) en beide die polisiebeamptes by Wierdabrug-polisiestasie gestasioneer. Hulle staan op twee aanklagte van afpersing van onderskeidelik R100 000 en R300 000 en twee aanklagte van korrupsie van onderskeidelik R100 000 en R300 000, tereg.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 17 Februarie 2025 uitgestel.
Lees ook hier:





