Verdagte glo met ongeregistreerde medisyne betrap

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (33) is Vrydagoggend in Bendor, Polokwane, gearresteer, na bewering met ongeregistreerde medisyne van R300 000 in sy besit.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het ‘n wenk van ‘n man wat in Blue Haven-landgoed bly en daarvan verdink word dat hy steroïede aanlyn verkoop, ontvang. ‘n Deursoekingslasbrief is bekom en uitgevoer, waartydens verskeie soorte ongeregistreerde tablette, inspuitings en vloeibare stowwe in sy motorhuis gevind is. Die medisyne is as ongeregistreerde skedule 4 en -5 geïdentifiseer, wat slegs wettig deur ‘n mediese praktisyn voorgeskryf kan word.

Die verdagte is vir oortreding van die medisynewet gearresteer. Ander rolspelers, soos die gesondheidsdepartment, was op die toneel teenwoordig en sal met die ondersoek bystand verleen.

Die verdagte sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief