KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesin van vyf, onder wie ‘n babameisie van 17 maande en haar oppasser, is glo Vrydag in Colchester-singel in Parkgate, beroof.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die slagoffers gebraai toe ‘n gewapende verdagte na bewering oor ‘n muur spring en hulle die huis indwing.
Die verdagte het glo ‘n skoot geskiet en selfone, sowel as motorsleutels geëis. Drie selfone en bankkaarte is aan die verdagte oorhandig. Nadat hy nie ‘n motorsleutel in die hande kon kry nie, het hy in digte bosse agter die huis ingevlug.
Reaksiebeamptes is omstreeks 17:20 vir hulp ontbied. ‘n Afgevuurde leë koeëldoppie is op die toneel gevind. Daar is sonder sukses na die verdagte gesoek.
Niemand is beseer nie.





