Ramaphosa het finale besluit oor Bela-wet, sê presidensie

Lees ook :

Foto: Presidensie

Lees ook: Solidariteit skik met regering oor twee Bela-klousules

President Cyril Ramaphosa se kantoor het in ’n verklaring gesê president Ramaphosa neem kennis van die skikking tussen die minister van basiese onderwys en Solidariteit oor twee klousules van die Bela-wet.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het egter gesê die skikking het geen invloed op die president se mag om ’n besluit oor die klousules te neem nie.

Die skikking het ook geen invloed op die besprekings wat tans oor die klousules aan die gang is nie.

Ramaphosa het weer bevestig partye het drie maande om voorstelle oor die klousules in te dien en dat hy na die drie maande sal besluit wanneer die Bela-wet ingestel en die nodige regulasies gefinaliseer word.

Bronne: Die Presidensie

Lees ook: Solidariteit skik met regering oor twee Bela-klousules

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief