OOS-KAAP. – ‘n Ouma (86) en haar twee kleinkinders, onderskeidelik 12 en 5 jaar oud, het Maandagaand in ‘n huisbrand gesterf.
AO Majola Nkohli sê die polisie is na die huis wat in vlamme gehul is in die Mcelwane-woonbuurt, in Gqunge A/A (Centane), ontbied. Drie verbrande liggame is in die puin ontdek, waarna ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is.





