Trump se prokureurs vra regter moet saak oor swyggeld laat vaar

Lees ook :

Trump se prokureurs vra regter moet saak oor swyggeld laat vaar
Trump se prokureurs vra regter moet saak oor swyggeld laat vaar fotokrediet: Canva

Lees ook: Donald Trump wil skuldbevinding omgekeer hê

VSA. – Donald Trump se prokureurs het die regter in sy swyggeldsaak gevra om die saak te laat vaar.

Sy prokureurs het gesê die saak gaan sy  “vermoë om te regeer en sy oorgangspogings ontwrig” wanneer hy as president ingesweer word. Die prokureurs het ook president Biden se kwytskelding van sy seun, Hunter, gebruik om te sê “presidensiële immuniteit” moet vir Trump ook geld.

Trump is in Mei skuldig bevind op 34 aanklagtes van peuter met dokumente na hy Stormy Daniels glo swyggeld betaal het om nie te praat oor hulle beweerde seksuele ontmoeting nie.

Aanklaers het tot 9 Desember om ‘n besluit oor die saak te neem. Die vonnisoplegging is tydelik uitgestel tot ‘n besluit geneem is om die saak te laat vaar of nie.

Bronne: DW – South Africa, ABC News, The Independent

Lees ook: Donald Trump wil skuldbevinding omgekeer hê

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief