Ouers laat glo baba tuis terwyl hulle gaan drink

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Pa (26) en ma (21) het Dinsdag op aanklagte van beweerde verwaarlosing van ‘n kind, 14 maande, in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Kol. Adéle Myburgh sê die polisie is Maandagoggend uitgeroep na ‘n huis in Tigane, in Hartbeesfontein. ‘n Huilende babadogter is alleen voor in die erf aangetref. Die voorlopige ondersoek het aangedui die ouers het na bewering die baba alleen tuis gelaat en is na ‘n nabygeleë kroeg. Die ma het glo later die pa gestuur om die baba te gaan haal, maar hy is na bewering deur ‘n onbekende persoon gejaag en het die baba in die straat gelos.

Myburgh sê die ouers is na die polisiestasie toe nadat hulle nie die baba kon opspoor nie. Hulle is dadelik in hegtenis geneem.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het die baba in die sorg van ‘n familielid geplaas.

Beide ouers van Tigane, naby Harbeesfontein, is op R300 elk borg vrygestel, terwyl die saak tot 5 Februarie 2025 uitgestel is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief