Hiérdie misdade nie Nuwejaar geduld nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Die polisie waarsku hulle sal op ‘n hoë gereedheidsgrondslag tydens Nuwejaarsvieringe bly. Geen onwettige vuurwerk, drink in die openbaar en onwettige gespin met voertuie sal geduld word nie.

Lt.kol. Sergio Kock sê as ‘n deel van Safer Festive Season Operations met More Boots On The Ground sal die polisie, tesame met ander wetstoepassingsowerhede, verseker die publiek gee gehoor aan hierdie waarskuwings. Dit is om beserings en lewensverlies te vermy.

Drankpersele word vir die veiligheid van hulle kliënte versoek om aan die vereistes van hulle dranklisensies gehoor te gee. Bestuurders van motorvoertuie wat spin en aan drag-racing deelneem, sal gearresteer word. Die skiet van vuurwerk word deur die wet gereguleer met ‘n permit of lisensie waarvoor aansoek gedoen moet word.

Kinders onder 16 mag nie vuurwerk aankoop of sonder volwasse toesig hanteer nie. Vuurwerk mag nie binne 500 m van enige ander springstof, brandstof- of gasdepot, in enige gebou of enige openbare deurgang, openbare plekke en oorde afgeskiet word nie. Vuurwerk mag slegs in aangewese areas, wat nie oorvol is nie, afgevuur word. Diereveiligheid op en rondom die perseel moet ook altyd in ag geneem word.

Verkopers van vuurwerk moet ook ‘n geldige lisensie hê. Meld asseblief enige verwante klagtes by die polisie aan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief