Ethiopiërs wat naak aangetref is, verskyn in hof

Lees ook :

Foto: Valke Gauteng

GAUTENG. – Nadat 28 nakende individue Donderdag by ‘n huis in Lusterstraat in Sandringham aangetref is, is hulle aangekla omdat hulle onwettig in Suid-Afrika is. Die 28 het op oortreding van die immigrasiewet in die Hillbrow-landdroshof verkyn.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê die Ethiopiërs het in drie howe voor verskillende landdroste verskyn. Die sake is tot 14 Januarie en 14 Februarie uitgestel, sodat die minderjariges mediese assessering kan ondergaan. Die meerderjariges se sake is vir verhoor tot 17 en 27 Januarie uitgestel, aangesien sommige van die beskuldigdes verkies het om hulle borgaansoeke te laat vaar.

Mjonondwane sê volgens die staat was die Ethiopiërs teen hulle wil aangehou. Sommige het hospitaalbehandeling nodig gehad. Van die aangehoudenes het deur diefwering en ‘n venster ontsnap.

“Die Gautengse Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het die ondersoek oorgeneem en die ongedokumenteerde individue as potensiële slagoffers van mensehandel geassesseer.”

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief