Meer aanklagte teen Ethopiërs na beweerde mensehandel

Lees ook :

Foto: Valke Gauteng

GAUTENG. – Drie Ethiopiese burgers, wat Donderdag op aanklagte van mensehandel in Sandringham gearresteer is, sal nou deur addisionele aanklagte in die gesig gestaar word.

Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder vir die Valke, sê die drie beskuldigdes sal ook op aanklagte van ontvoering, afpersing, oortreding van die immigrasiewet en smokkelary teregstaan. Die verdagtes is ná ‘n wenk aan owerhede gearresteer en 26 Ethiopiese burgers, wat teen hulle wil by ‘n huis aangehou is, is op die toneel aangetref.

Tydens ondersoek is bevind een van die slagoffers is glo gedurende November 2024 in Benoni ontvoer. Die verdagtes het ‘n losprys van R180 000 geëis.

Met behulp van ‘n Ethiopiese tolk is vasgestel nog drie van die slagoffers het uit vrye wil na Suid-Afrika gekom. Hulle sal Maandag deur die tolke van die Ethiopiese ambassade bygestaan word om volledige verklarings af te lê.

Nkwalase sê die verdagtes sal Maandag op aanklag van die beweerde Benoni-ontvoering in die Johannesburg-landdroshof voorkom.

“Bykomende aanklagte van mensehandel of smokkelary sal afgehandel word nadat alle slagoffers ondervra is.”

Die ondersoek deur die Gautengse eenheid vir ernstige en georganiseerde misdaad van die Valke, saam met die Sandringham-polisie, die departement van binnelandse sake, die departement van maatskaplike ontwikkeling en Ethiopiese tolke, het tot die arrestasies gelei.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief