2024 was wêreld se warmste jaar sedert 1850

Lees ook :

2024 was die wêreld se warmste jaar sedert 1850 fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Oorsteek van 1.5°C-drempel vir aardverwarming gaan hele 2024 duur

INTERNASIONAAL. – 2024 was amptelik die wêreld se warmste jaar sedert rekordhouding in 1850 begin is. Die globale oppervlaktemperatuur was 1.29°C bo die gemiddeld in 2024.

Dit was verlede jaar 0.10°C warmer as in 2023. Die afgelope dekade was die 10 warmste jare sedert 1850. In 2024 het die globale temperatuur die gemiddeld van 1.46°C tussen 1850 en 1900 verbygesteek.

Dit is naby aan die 1.5°C-drempel wat lande, wat die Paryse klimaatsooreenkoms onderteken het, ooreengekom het om te probeer vermy. As die drempel oorgesteek word, sal al hoe meer natuurlike rampe plaasvind en die impak daarvan sal ook erger wees as wat dit reeds is.

Bronne: NOAA Climate Gov

Lees ook: Oorsteek van 1.5°C-drempel vir aardverwarming gaan hele 2024 duur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief