Ethiopiërs wat naak aangetref is, verskyn in hof

Lees ook :

Foto: Valke Gauteng

GAUTENG. – Nadat 28 nakende individue Donderdag by ‘n huis in Lusterstraat in Sandringham aangetref is, is hulle aangekla omdat hulle onwettig in Suid-Afrika is. Die 28 het op oortreding van die immigrasiewet in die Hillbrow-landdroshof verkyn.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê die Ethiopiërs het in drie howe voor verskillende landdroste verskyn. Die sake is tot 14 Januarie en 14 Februarie uitgestel, sodat die minderjariges mediese assessering kan ondergaan. Die meerderjariges se sake is vir verhoor tot 17 en 27 Januarie uitgestel, aangesien sommige van die beskuldigdes verkies het om hulle borgaansoeke te laat vaar.

Mjonondwane sê volgens die staat was die Ethiopiërs teen hulle wil aangehou. Sommige het hospitaalbehandeling nodig gehad. Van die aangehoudenes het deur diefwering en ‘n venster ontsnap.

“Die Gautengse Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het die ondersoek oorgeneem en die ongedokumenteerde individue as potensiële slagoffers van mensehandel geassesseer.”

Lees meer hier onder:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief