Saak teen sokkerspeler oor ongeluk waartydens 9-jarige sterf uitgestel

Lees ook :

Foto: EMPD

GAUTENG. – Mokete Sean Mogaila (29), ‘n sokkerspeler, was glo op 30 Oktober 2024 in ‘n voertuig wat in ‘n ongeluk met nog ‘n voertuig betrokke was, wat die lewe van Gomolemo Mavimbela (9) geëis het. Mogaila is vir strafbare manslag aangekla.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê na die ongeluk in Andrew Maphetostraat in Tembisa het Mogaila homself aan die polisie oorgegee en is vir strafbare manslag aangekla. Die saak het Dinsdag in die hof voorgekom en is tot 19 Mei uitgestel.

Op die betrokke dag het ‘n vrou en haar twee minderjarige kinders in hulle voertuig gery, toe Mogaila se voertuig, soos in beeldmateriaal in die berig hier onder gesien kan word, in die aankomende verkeersbaan beland en teen hulle voertuig gebots het. Die 9-jarige het gesterf het en haar ma en haar broer (13) het ernstige beserings opgedoen.

Na bewering het die polisie na die ongeluk alkohol en dwelms in Mogaila se voertuig gevind. Mogaila het van die ongelukstoneel gevlug en homself later aan die polisie oorgegee. Hy is vir roekelose bestuur, vlug van ‘n ongelukstoneel en strafbare manslag aangekla.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief