Werksgeleentheid: verkoopsverteenwoordiger

Lees ook :

KAAPSTAD: Is jy ‘n energieke, doelgerigte persoon met ‘n passie vir mense en verkope?

Dan is hierdie jou kans om deel te word van die dinamiese span by Nuusflits.com, een van Suid-Afrika se voorste aanlyn nuusplatforms! Werk met ‘n platform waar besighede gesién wil word.

Nuusflits verkoop homself:

  • 31 miljoen events – Meer aksie as ‘n Black Friday-uitverkoping
  • 8.5 miljoen views – So gewild soos ‘n “boer maak ‘n plan”-video
  • 2.5 miljoen aktiewe gebruikers – Meer mense as wat op ‘n Sondag in Spur pas

Net ván ons sosialemedia-interaksie:

  • 37.8M views – Beter kykersyfers as ‘n kookprogram
  • 460K likes – Meer as Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein se Facebook-blad
  • 3.5M interaksies – Want ons hou nie van ‘n stil sitkamer nie!
  • 39.8M mense bereik – Dis soos om met die hele land ‘n koffie te drink
  • 7.2M skakelklikke – Ons lesers klik vinniger as ‘n TikTok-danser

Wat bied ons?

  • ‘n Opwindende loopbaangeleentheid in advertensieverkope – waar jy nie net geld maak nie, maar ‘n impak het.
  • ‘n Ondersteunende span wat saam met jou wen.
  • ‘n Kans om jou eie inkomste te bou – hoe harder jy werk, hoe beter word jy beloon.
  • ‘n Pos in Kaapstad – werk waar ander vakansie hou.

Wat die pos behels:

  • Kliënte werf: Besoek besighede, vergader met CEO’s en kry nuwe kliënte.
  • Persoonlike besoeke & verhoudingbou: Ontmoet mense, bou langtermynverhoudings en help handelsmerke groei.
  • Verkope wat tel: Handhaaf en oorskry jou maandelikse en kwartaallikse teikens.
  • Slim navorsing en aanbieding: Ken jou produk, verstaan bemarking en lig jou kliënte in.
  • Bly in kontak: Hanteer kliënte se rekeninge en verseker hulle bereik hul advertensiedoelwitte.

Wat het jy nodig om suksesvol te wees?

  • Ervaring in verkope en ‘n aansteeklike, selfgedrewe geaardheid.
  • Uitsonderlike menseverhoudings en kommunikasievaardighede.
  • Vermoë om selfstandig te werk en verkope proaktief na te jaag.
  • Eie motor en geldige bestuurderslisensie – want jy gaan oral wees!
  • Vermoë om onder druk te werk en te presteer soos ‘n ware verkoopskampioen.

Wil jy die gesig van Nuusflits se bemarking in Kaapstad word?

Stuur jou CV en ‘n motiveringsbrief na [email protected] en vertel ons hoekom JY die perfekte kandidaat is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief