Meisie neem lewe ná ‘boelie oor familie se immigrasiestatus’

Lees ook :

Foto: Sterfberig

VSA. – Jocelynn Rojo Carranza (11) van Gainesville, in Texas, het selfdood gepleeg na sy glo weens haar familie se immigrasiestatus by die skool geboelie is.

Sy is Woensdag uit St. Mary’s-kerk waar sy gedoop is, begrawe. Marbella Carranza, Jocelynn se ma, sê sy is glo by die skool toegesnou haar familie was onwetting in die VSA.

Jocelynn is op 17 Junie 2013 in Texas gebore.  Sy was ‘n leerling aan Gainesville Intermediate School. Jocelynn het berading by die skool ontvang omdat sy glo geboelie is. Haar familie het eers na haar dood daarvan uitgevind. Hulle was ook onbewus dat sy glo by die skool geboelie is, aangesien haar gedrag dit nie gewys het nie. Volgens ‘n ander ouer en ‘n leerling van die skool het ‘n gerug in laat Januarie by die skool die rondte gedoen dat leerlinge se families deur immigrasie-owerhede gedeporteer sou word en hulle dan alleen sou agterbly. Die beweringe, wat moontlik tot Jocelynn se dood gelei het, word ondersoek.

Jocelynn is op 3 Februarie bewusteloos deur haar ma in hulle huis aangetref en het vyf dae later, op 8 Februarie, gesterf.

Haar sterfberig kan hier gelees word. Ten tyde van Jocelynn se hospitalisasie is ‘n GoFundMe-profiel geopen.

Bronne: KUVN, BBC, Daily Mail, NDTV en Legacy.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief