Vrouestudente beroof en verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Agt vrouestudente is Saterdag, net na 23:00 op ‘n kollege-kampus in hulle woonplek in Bolobedu deur ‘n gewapende verdagte oorval, waarna vier verkrag is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê ‘n grootskaalse soektog is na die verdagte geloods. Een student (20) het uitgegaan om water te gaan haal terwyl die res geslaap het. Sy het vir hulp geskree, waarna ‘n medestudent (21) die vermomde verdagte, geklee in ‘n swart trui, blou denimbroek, swart handskoene en wit seilskoene, opgemerk het wat ‘n vuurwapen op hulle rig. Die studente is beveel om uit te trek, waarna vier gekies en verkrag is. Na die verkragting is twee selfone deur die verdagte geroof en hy het te voet van die toneel gevlug.

‘n Klag van sakeroof en vier aanklagte van verkragting is geopen.

Enigiemand met relevante inligting om die verdagte op te spoor, word gevra om speur. konst. Dzumisani Mhlongo van Tzaneen-GKS by 083 585 3885 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief